Ask an expert
Question

14 Sep 2007

Hoekom kan ek nie aanbeweeg nie
Ek en my man is 15 jaar getroud. In die eerste 5 jaar van ons huwelik het hy 2 buite egtelike verhoudings gehad. Ek het jare lank geglo dit is my issues en myself blameer en in die proses baie gewig opgetel, van die lekker emosionele etery. Hy sweer daar was geen seks nie, - dat dit net soenery was. Nou vra ek, moet dit als vir my makliker maak omdat dit net soenery was? Hy is 'n goeie mens, maar het iewers gedink of geleer dat dit ok is om ongeskik met my te wees. Ek het nie op my mond geval nie en sal dan my se se, waarna ons baie lelike goed vir mekaar se. Ek is hard in my hart teenoor die man. Hy wou nooit vir berading gaan nie, want dit is my issue se hy en nie syne nie. Hy voel God het hom vergeef, en wie is ek dan om so anders te voel. Ek respekteer hom nie, want ek voel dat hy nie vir my opkom nie. He does not get it. Hy " get" nie wat hy aan my gedoen het nie. Hy se hy is so lief vir my, maar in my oe doen liefde nie sulke goed nie. Nou wil ek weet, hoekom kan ek nie aanbeweeg nie. My gesondheid lei daaronder. Ek het na 12 jaar by die kinders, weer begin werk en nou is hy vies, want daar is ander mans wat na my kyk. Ek moes dit natuurlik invryf en vir hom vertel dat ek dit geniet om aandag van ander mans te kry. Ek het nooit gedink enigiemand sal na my kyk nie, want ek is net 'n ma. Dit voel of als wat ek doen gekritiseer word. Hy is so negatief en ek wil van my kop afraak, want ek soek altyd vir iets positeifs in 'n sitiasie. hy voel ook baie bedeigd omdat ek nie "in die boksie inpas wat sy lewe pas nie". Ek is uitgesproke oor goed waarmee ek nie saamstem nie en dit horrify hom. Ek stel hom in 'n verkeerde lig en ek skok mense as ek my se se. En ek voel net "so what"? Ek weet nie of dit meer liefde is wat ek vir hom voel nie. Ek dink dit is nou maar meer net vir die "kinders dat ons saam is". Ek voel al my drome en ideale moes ek opgee vir hom. As ek enigiets wou doen, was dit vir hom 'n probleem. Als wat ons in die lewe bereik het, is sy drome en ideale. Dit laat my so bitter voel. Ek voel soos 'n voel in 'n hok. Ek weet nie wat ek ooit sou aanvang die dag as ek weer "vry" is nie (niks leliks bedoel), of die dag dat hy besef dat die manier hoe hy my hanteer het, nie ok was nie. Wat doen ek dok? Gedra ek my totdat die kinders groot is en los dan als, of bly ek bid, soos ek die afgelope 10 jaar seker doen, dat God my hart verander? Ek weet nie. Sal u opinie waardeer.
Answer 1,126 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

This is a complex situation, in which he seems to have convinced himself that he has done nothing wrong and thus that there's nothing needing to be sorted out. And it surely won't get sorted out without professional help ( and that means a qualified psychologist as a marriage counsllor, not a church-based counsellor, as they are very rarely prioperly qualified or skilled. I don't see why God should be asked to change your mind, when you have good reason for feeling aggrieved. Enjoy and extend your work, as it will do you good to have the extra security and self-confidence that can give you.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9363 votes
No
67% - 19334 votes
Vote