Ask an expert
Question

04 Oct 2006

Manlief se sielkundige probelme?
Ek is 29 en is 2 jaar getroud. Ons het 'n baba van 13 maande. Tans dink ons om vir 'n 2e te probeer , maar ek voel nie veilig nie.

Vandag was 'n sprekende voorbeeld van hoekom ek "insecure" voel. Het my kind by manlief by die werk gelos (hy is in Retail), om dr toe te gaan. Toe ek terug kom om baba op te laai, sit een van sy reps so knussies by sy tafel met hom en klets. Dit is nie die eerste keer dat hy so persoonlik met 'n rep raak nie. Hy ken omtrent elke vroulike rep se geskiedenis en wil tog so graag hê dat ek van hulle almal moet hou en met hulle bevriend moet raak.

Hy is 'n baie aantreklike en "flirtatious" ou en as ek met hom daaroor praat, sê hy ek oorreageer en hy kan nie met die mense lelik wees nie.

ten spyte van sy aantreklikheid , is hy 20 kg oorgewig. Ek was al saam met hom op elke liewe denkbare dieet en elke keer moet ek hoor hy wil vir my maer word...ek praat nooit oor sy gewig nie, ek kyk nie na hom deur kritiese oë nie en hy wil lyk my nie regtig gewig verloor nie. Hy cheat baie by die werk...rolletjies , koek en soet groente.

Deesdae hoor ek ek moet na my magie kyk....dis nou die stukkie vel wat na my swangerskap oorgebly het( ek het reeds al die gewig wat ek met die swangerskap opgetel het , verloor en nog meer). blykbaar is my binnebene flubby ook...

Ek het 4 maande gelede ophou werk, omdat die baba te siek geword het by die creche. Sy immuunstelseltjie was te swak vir al die kieme en hy was elke 3 weke in die hospitaal.

Ons het nooit geslaap nie en dit was absoluut "nerve wrecking" om hom in die hospitaal te los en te gaan werk. Noudat ek tuis is, moet ek als doen. Was , stryk, huis skoonmaak , manlief gelukkig hou , kleintjie grootmaak en kosmaak en opruim waar almal mors en intussen probeer ek my ie besigheid van die grond af kry sodat ek finansieel bietjie meer onafhanklik kan wees .en en ....

Ek vra nooit iets vir myself nie. As daar goed gekoop word, is dit vir baba. Ek spaar waar ek kan. Ek is nie die tipe wat myself elke maand 'n facial, pedikuur, manikuur, massering ens. gun nie....

As die huis nie saans aan die kant is nie, word daar gevra wat ek die hele dag gedoen het....

Ek is moedeloos!!!! Wat moet ek doen om hom gelukkig te hou...Dit voel vir my asof die blonde poppies by die werk vir hom meer van 'n Kick is , as wat ek kan droom om te wees. Hulle naels en tone is altyd opgedollie en die klere is van Stuttafords en die skoene se hakke is hoog en die rokkies kort...ek voel stok-oud!!!

Ek kan seker maar 'n mini dra, maar ek is die ma van 'n 13 maande oue suentjie. Ek dink nie dit is meer wie ek is nie...

Ons sekslewe is amper non-existend!!! En as hy dit voorstel, is ek nooit in die luim nie. Ek voel liggaamlik net te uitgeput om ordentlik saam te speel en boonop het ek nog nooit seks gehad sonder pyn nie. Dis HOND!!!!

Is ek net te fyngevoelig of het my man 'n probleem wat hy nou myne probeer maak? Is sy selfbeeld in die dumps en nou probeer hy elke jong girlie opchat of is dit ek wat hom daarna dryf?

Moet ek dit ernstig opneem of moet ek my rug daarop draai en dit sien as onskadelike flirtasie...wat ek beslis nie dink dit is nie.

Moet ek my hare blond kleur en hoop hy gaan nie sy oë bvir ander vrouens uitleen nie.?

EN laastens: Hoekom kan hy nie die vrouens op hul plek sit as dit regtig hulle is wat by hom aanlê nie? Hoekom lyk dit vir my of hy elke oomblik van die ekstra aandag geniet?

Answer 1,031 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

I wonder, is h as friendly, and know so much about, his male reps, too ? There's a large difference between being "lelik" with people, and being flirtatious. But I doubt that the poppies at work take him seriously --- he sounds like a man who is sensitive about his appearance and aging, and trying to feel AS IF he is still attractive to women --- so you are worried about not being attractive to him, and he is worried about not being attractive to anyone ! I don't think you should think of trying so hard to change your appearance. Could you talk him into joining you in marriage counselling, eg through FAMSA ?
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9463 votes
No
68% - 20188 votes
Vote