Ask an expert
Question

14 Feb 2006

My oulike man!
Ek MOES net met die hele land deel wat 'n wonderlike man ek het............

Ek het gisteraand al my BOS rose gekry (24, want dis ons 2de Valentynsdag saam), en was so bly en verbaas!

Wel, vanoggend het hy begin werskaf in die kombuis en ek het maar gaan stort. Ek het al die nodige gedoen en toe ek in die kamer kom, toe hoor ek net hierdie groot slag en goed wat breek! Ek het hom geroep om te hoor of hy OK is. Toe ek in die kombuis kom, toe het hy vir my 'n onbyt skinkbord gemaak met muesli, ,jogurt en sappies, en toe hy uit die kombuis wil gaan, toe laat val hy die hele kaboendel! Hy het toe lyk my die skinkbord, en 'n groot teddiebeer probeer kamer toe dra, en dit laat val. My hart wou toe sommer smelt..... hy het AL die moeite gedoen, en al HET ons nie 'n romantiese onbyt gehad nie, maar hierdie oggend wat my man vir my so baie moeite gedoen het, sal ek nooit in my lewer vergeet nie!

Wat dit vir my so spesiaal maak, is dat hy nie maklik gevoelens wys nie, maar hy begin darem probeer! Daar is hoop vir ALMAL!
Answer 766 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

,,,,,
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.