Ask an expert
Question

29 Jan 2006

Chill, Vet`s Hubby, Teflon Fumes, Dr Willemien - Clipping birds` wings - Polly
Sondag, 29/01/2006. Pappegaai in die hok, my CyberVet email geprint oor hoe pappegaai vlerke gekip behoort te word, is ek in die motor en oppad na Park Veterinary Hospital in Freeway Park.

Daar is verskeie veeartse op diens. Ons word ingeroep deur Dr Naamloos. Ek hou my inligting uit na die veearts terwyl ek verduidelik wat ek gedoen wil hê. Hy het summier geweier met `n intimiderende houding. `n Klomp dinge kwyt geraak. Die vlerke geknip (op die gewone manier en klaar).

Ek was te oorbluf om van hom te verskil of te sê ek wil dit liewer los.

Nou hoop ek maar die vlerke sal NORMAAL terug groei.

Ek wil net almal bedank vir julle raad. Polly is lewendig, gesond en eet amper alles wat ek vir hom gee. Hy HOU nie van pellets nie. Enige raad?
Groete
Nelia
Answer 1,846 views
Expert
CyberVet
cybervet

01 Jan 0001

Probeer die pellets in n bakkie by die hoogste stokkie sit - hulle hou nie daarvan om af te klim nie. Jy kan hulle aanvanklik met die ander kosse meng, en sodra hy besef dat dit wel kos is, kan jy die gewone kos vir 30 minute soggens en saans voer, met net die pellets beskikbaar gedurende die dag. Jy kan ook die pellets voor hom eet (hulle smaak nie sleg nie!) - hulle doen graag wat die eienaars doen. Maak net seker hy is nie ondergewig wanneer jy begin nie, en maak seker hy verloor nie meer as 5% van liggaamsgewig nie.

Jammer oor jou ondervinding met dr Naamloos.

Dr Willemien van Wyk
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.