Ask an expert
Question

04 Feb 2006

Bier of wyn?
Hi Diet Doc

Ek is 44 jaar oud en fiks (ry elke dag fiets of spin, ens) en drink elke aand saam met my man `n drankie.
Ek wil weet of ek eerder `n bier (vir die koolhidrate) of eerder `n glasie wyn moet drink. `n Bier (veral die aand voor `n lang rit) kan seker nie kwaad doen nie, of hoe?

Groete
Lisa
Answer 975 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Lisa
Volgens die SA Voedseltabelle bevat bier gemiddeld 172 kJ en 3.7g koolhidraat, per 100 ml maar mens drink tog gewoonlik ongeveer 300 ml (groot glas), dus van een bier sal mens 516 kJ en 11,1 g koolhidraat inkry met so 'n glas bier. Rooi wyn aan die ander kant bevat 298 kJ en 1.4 g koolhidraat per 100 ml. Die algemene volume van 'n glas wat vir rooi wyn gebruik word, is 175 ml wat dan 522 kJ en 2,5 g koolhidraat sal bevat. Met ander woorde, die energie-inhoud van die 2 drankies is baie eenders as jy gebruiklike volumes daarvan drink, maar die bier sal vir jou meer koolhidraat verskaf.
Geniet dit
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.