Ask an expert
Question

12 Sep 2008

Brood
Hallo Dokter

Ek eet vreeslik baie brood. Ek het nou vir my Nestle se Nutren gekoop en wil dit drink in plaas van brood eet. Is dit ' n goeie ding? Ek bly alleen en is saans te moeg om kos te maak. So ek eet brood. En brood vir middag ete EN aand ete kan nie goed wees nie... Ek wou al " meal replacers"  gebruik het, maar het gehoor dit werk soms teen voorbehoed middels, veral goed soos BioSlim.
Answer 1,434 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Helena
Dit is nooit 'n goeie idee om net een of twee soort kosse heeldag te eet nie. Die eerste en belangrikste SA voedsel-gebaseerde dieetriglyn is "Eet 'n verskeidenheid kosse". Die rede hiervoor is dat 'n gemengde dieetinname verseker dat die persoon 'n hele reeks voedingstowwe inneem en dus nie aan gebreke sal ly nie. Brood as sulks, veral volgraan- of rogbrood is 'n gesonde kos (ryk aan koolhidrate wat jou energie gee, vesel wat hardlywigheid teenwerk, en vitamiene en minerale wat jou gesond hou), maar mens behoort dit saam met 'n verskeidenheid ander kosse te eet (bv. vars vrugte, groente, melk, suiwelprodukte, eiers, maer vleis, vis, of peulgroente, en poli-onversadigde vette of olies). Deesdae kan mens omtrent al die kosse wat ek gelys het, klaargaar koop. Nutren is 'n goeie produk wat mens as maaltydvervanger kan gebruik, maar ek wil jou tog aanmoedig om ook ander kosse te eet. Al wat dit verg, is bietjie beplanning as jy jou inkopielys opstel.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9439 votes
No
68% - 20025 votes
Vote