Ask an expert
Question

10 Mar 2010

Candida
Hi Doc

Ek is n paar dae gelede gediagnoseer met candida, bloedtoetse en n vrae lys het dit bevestig.

Graag wil ek net weet WAT om te eet? 2 weke voor die medikasie begin moet ek n dieet volg waar ek alle suiwel, suiker, vrugte, koring, stysels ens moet uitsny.

Ek het ook IBS en eet glad nie groen groentes of rou groentes, neute/sade nie(weens allergie).

Ek weet nie waaruit my dieet moet bestaan nie, want die bogenoemde kosse wat ek moet uitsny is waaruit my etes bestaan. Die ergste is om my koppie tee sonder melk te moet drink....

Kan doc dalk n maklike dieet voorstel asb, en sommer om di oortollige 5 kg te verloor,ek moet dit blykbaar net vir 6 weke doen en dan daarna geleidelik weer alle kos soorte byvoeg.

Doc se hulp sal baie waardeer word
Baie Baie Dankie
Answer 1,287 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Landi
Ek het persoonlik vooraanstaande mikrobioloë in SA hoor sê dat hierdie Candida dieet storie net die pasiënt uithonger sonder om iets aan die Candida te doen! Ek het nog nie enige wetenskaplike bewyse gelees dat hierdie sg. Candida dieet enigsins help om Candida te beheer nie. Ek wil jou aanraai om 'n mediese dr te spreek so dat jy die korrekte antifungale middels kan bekom om die Candida swam uit te wis. Dit sal miskien 'n goeie idee wees om 'n kliniese dieetkundige spreek sodat sy/hy vir jou 'n individuele dieet kan uitwerk wat ook sal help met die prikkelbare derm en gewigsverlies indien nodig. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Gebruik probiotika (“goeie mikroörganismes”) om die mikroflora in jou spysverteringskanaal en/of vagina/blaas te herstel - Acidoflora word gebruik vir die spysverteringskanaal, en Vagiforte vir die vagina - albei produkte kan by dieetkundiges en gesondheidswinkels gekoop word.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9467 votes
No
68% - 20240 votes
Vote