Ask an expert
Question

28 Sep 2007

Deursettings vermoë
Ek is nou om en by 2 jaar by Weigh Less, Ek moes 56 kilo's verloor het, ek het in die afgelope tyd vandat ek by hulle aangesluit het 28 kilo's verloor het.
Maar die afgelope jaar stabiliseer ek op my gewig en ek is glad nie meer so gemotiveer soos in die begin nie. Die een week tel ek gewig op en die volgende week verloor ek dit weer,
Ek gaan weeg ook nie meer elke week nie, want ek is te bang as ek weet ek het verkeerd ge-eet om te sien ek het gewig opgetel.
Wat stel u voor doen ek om weer so gemotiveerd te raak soos in die begin?

Dankie
Answer 1,272 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste L
Eerstens baie, baie geluk met die 28 kg wat jy verloor het - jy's 'n blink ***ster***. Volgende keer as jy inkopies doen, gaan kyk hoeveel vet daar in 28 x 1 kg bakke margarien is om te waardeer hoe ver jy al gekom het. Ek weet dis 'n tamaai stryd en dat mens na 2 jaar moeg word vir gedurig 'op dieet' wees. Ek stel voor dat jy van die volgende probeer om jouself weer te motiveer: 1) Begin ook om daagliks te oefen. Probeer om elke dag te oefen vir 30 min of meer. Flink stap bly steeds een van die beste oefeninge wat jou metabolisme kan stimuleer. Soos jy fikser word, kan jy langer en vinniger begin stap. Ander oefeninge wat die metabolisme stimuleer is touspring, fietsry, 'jogging', swem en kardio-oefeninge in 'n gimnasium. Navorsing het aangedui dat verslankers wat ook oefening doen, beter hou by hulle dieet en meer gemotiveerd is, benewens die ekstra hupstoot wat oefening vir jou metabolisme sal gee. 2) Bespreek jou probleme met die raadgewers by Weigh-Less, dis immers waarvoor jy betaal en vra hulle om jou bietjie meer aanmoediging te gee. 3) Doen 'n soektog op die SA Internet met die term 'Innertalk' om te kyk of jy hierdie firma kan opspoor. Hulle verkoop motiveringskassette wat kan help om jou weer gemotiveerd te maak.
weer gemotiveerd te maak.
Sterkte, jy het al so ver gekom, moenie nou moed opgee nie.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9363 votes
No
67% - 19334 votes
Vote