Ask an expert
Question

16 Sep 2008

Dieet
Ek is ' n 25 jarige vrou, 1.63m lank en weeg 61.5kg. Ek het al vir jare ' n ongesonde verhouding met kos. Ek stres my dood oor wat ek eet en hoeveel ek eet en of dit gaan vetmaak, ens, ens. Dit veroorsaak dat ek ' n baie ongelukkige lewe het en sodoende die mense om my ook ongelukkig maak aangesien ek die heeltyd hulle versekering wil hê  dat my lyf reg lyk, ens. Ek het egter al ' n rukkie terug begin besef dat ek nie so kan aangaan nie, want ek gaan myself tot niet maak.

Ek was gister by ' n dieetkundige en ons het lank gesels. Sy het bevestig dat ek nie ' n gesonde verhouding met kos het nie en dat ek nie gewig verloor nie aangesien ek hopeloos te min eet en my liggaam dink ek is besig om honger te ly. Sy het my geweeg, my lengte bepaal en ook my middel gemeet. Volgens haar is my gewig en middel mates reg vir my lengte. Sy het my ook verbied om my elke dag te weeg en gesê  ek moet oor twee weke weer na haar toe gaan om my te weeg. Sy gaan ook vir my ' n gebalanseerde eetplan uitwerk sodat ek gesond kan wees. Ek het egter vir haar gesê  dat ek graag 57kg wil weeg en ' n eetplan sal wil hê  wat my sal help daarmee. Sy het gesê  sy kan my nie waarborg dat ek so baie gewig sal verloor nie, maar sy sal my help om wel ' n paar kg te verloor en gesond te wees. Sy wil hê  my eetplan moet bestaan uit bietjie meer as 7 000KJ per dag. Dit sal mos nie veroorsaak dat ek gewig verloor nie. Moet mens nie 6 300KJ inneem om gewig te verloor nie? Ek stap wel vir 45 minute daagliks, 6 dae per week.

Ek gaan werklik hard probeer om my kop reg te kry en meer gesond te eet. Ek sal egter graag ' n paar kg wou verloor. Sal dit moontlik wees op die eetplan wat sy uitwerk en hoe lank sal dit neem?
Answer 1,082 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Marlise
Soos jy sê - hier is jy al reeds weer besig om te stres oor jou gewig, jou vermoë om gewig te verloor, ens, ens. Ek stem volkome saam met jou dieetkundige dat jou gewig mooi normaal is aangesien jou BMI = 23,1. Die normale energie-inname om gewig by vrouens konstant te hou is 8400 kJ/dag, dus sal jy 1400 kJ per dag minder inneem, wat wel oor tyd tot gewigsverlies gaan lei veral as jy so baie oefening doen.
Ek wil ook aanraai dat jy 'n kliniese sielkundige gaan spreek (vra jou huisarts om jou te verwys) want jy het hulp nodig om hierdie obsessie van jou te beheer sodat jy weer normaal kan lewe.
Moet asb nie afwyk van die dieetkundige se eetplan en jouself weer verhonger nie.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9439 votes
No
68% - 20025 votes
Vote