Ask an expert
Question

30 Aug 2007

Dieet en medikasie
Diet doc

Hoop jy kan help. Ek was 40 kg oorgewig. Het by Weigh-Less aangesluit en oor `n jaar tydperk 12kg verloor, en daar bly ek staan. Het ook ge-oefen (gaan stap). Ek het nie weer gewig verloor nie maar ook nie gewig opgetel nie.

Het onglangs gehoor dat die neem van bloeddruk medikasie gewigsverlies vertraag. Is dit waar ? En indien wel, hoe oorkom mens daardie hekkie om wel jou teiken gewig te bereik. Moet mens `n ander gewigsverlies program volg ?

Dankie
Answer 1,075 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Leserin
Baie medikasies kan gewigstoename en probleme met gewig-verloor veroorsaak - dit hang af watter spesifieke medikasie jy vir jou bloeddruk neem. Bespreek dit met die dr wat die medikasie voorskryf, want miskien kan hy/sy dit aanpas of verander. Dit is egter wonderlik dat jy 12 kg op 'n verstandige dieet verloor het - jy is 'n ***ster***. Ek wil voorstel dat jy eerstens met die Weigh-Less mense gesels oor die feit dat jy 'n plato bereik het en wat hulle voorstel jy moet doen met hulle dieet om jou weer aan die gang te kry. Tweedens kan jy probeer om elke dag te oefen vir 30 min of meer. Flink stap bly steeds een van die beste oefeninge wat jou metabolisme kan stimuleer. Soos jy fikser word, kan jy langer en vinniger begin stap. Ander oefeninge wat die metabolisme stimuleer is touspring, fietsry, 'jogging', swem en kardio-oefeninge in 'n gimnasium.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19322 votes
Vote