Ask an expert
Question

18 Sep 2007

digestive bran?
Hi Doc

Ek wil 'n lae GI muffinresep uitprobeer wat ek op die GI Foundation se website gekry het, maar ek weet nie wat "digestive bran" is nie en sien nie so iets in die winkel nie. Ek het wel "oat bran" gekry maar nie die ander een nie. Kan mens All Bran gebruik, of eerder meer van die oat bran om die volle gewig op te maak?

Baie dankie vir jou interessante artikels hier, ek het al omtrent almal gelees.

Answer 1,003 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Shadow
Baie dankie vir jou mooi woorde. Die 'Digestive bran' is koringsemels, en jy behoort dit by gesondheidswinkels te kan koop. Hawermoutsemels is ook goed, maar bevat 'n ander soort dieetvesel (oplosbaar), terwyl koringsemels onoplosbare vesel bevat. All Bran is ook van koring gemaak en bevat onoplosbare vesel. Kyk dus by die 'Health shops'.
Lekker bak
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.