Ask an expert
Question

28 Apr 2004

Gaan trou - moet gewig verloor!
Hi Doc

Ek trou oor 10 maande - moet omtrent 12 kilogram verloor voor dan!! Ek weet dit klink baie maklik, bietjie meer as 'n kilogram 'n maand - maar om een of ander rede sukkel ek al my lewe lank met oorgewig en ek is bang dat ek nie sal kan maer word vir my troue nie!

Ek oefen baie gereeld, 3 - 4 keer 'n week vir 45 minute op 'n slag (doen Step klasse en speel squash). Ek eet net nie baie gesond nie. Ek eet wel min vet (haal altyd vel van hoender af, en sny die vet van vleis af), en ek eet altyd ontbyt (Pronutro Whole Wheat). My probleem is dat ek geneig is om te ooreet - ek eet te veel op 'n slag! En brood is my stapelvoedsel deur die dag! Ek het ook 'n geweldige lus vir soetgoed. Ek eet redelik min groente en vrugte.

Ek het nodig om my gewoontes te verander - enige raad?! Wat kan ek eet in plaas van brood? Dit raak al hoe moeiliker - soos die klimaat nou weer kouer word, wil ek al hoe meer lekker dinge eet - soos brood en beskuit! HELP!! Is daar gesonder alternatiewe?

Enige raad en voorstelle sal waardeer word, baie dankie!
Answer 784 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Theresa
Die brood as sulks sal jou nie vet maak nie, maar wel die smere en ander kosse wat jy saam met die brood eet - konfyt, vleis, kaas, ens. Die meeste atelete wat hard oefen, eet baie groot hoeveelhede brood elke dag, maar met min smeer en min energie-ryke vulsels. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie van 'n lae-vet dieet (ongeveer 65-70g per dag) en pas jou dieet daarby aan. Hou aan met die oefening en sorg net dat jy elke dag ten minste 30 minute oefen.
Geniet die troue
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.