Ask an expert
Question

10 Oct 2011

Gewig en Kortisone
Ek was vir die laaste 4 jaar op kortisoon (Persivate en tans op Advantan agv ekseem).

Ek was ''n jaar terug in ''n motor ongeluk en het opgehou rook. Ek het 16kg opgetel en kry dit nie af nie.

Ek het vir 2 maande ''n vet vry eetplan gevolg, niks verloor nie. Ek oefen pilates, eet reg.

Ek het my skildklier laat toets en dit is 100%, ek is raandop!

Hoe kry ek dit af?
Answer 2,065 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Martie
Dit is moontlik dat die kombinasie van kortisoon en die ophou rook gelei het tot jou gewigstoename van 16 kg. Ek wil aanbeveel dat jy eerstens jou velspesialis raadpleeg oor die moontlike newe-effekte van die kortisoonsalf wat jy tans gebruik. Vra ook of daar enige manier is om dit teen te werk. Aangesien jy alreeds 'n vet-vrye dieet probeer het sonder sukses, is dit miskien aangewese dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal al jou individuele faktore soos die ekseem, die soort kortisoon wat jy gebruik, die rookstaking, jou neiging tot gewigstoename, ouderdom, en fisiese aktiwiteit in ag neem om vir jou 'n dieetvoorskrif te bereken. Die dieetkundige sal moontlik vir jou help met 'n lae-vet, lae-glisemiese indeks (GI) dieet aangesien die kortisoon 'n effek kan hê op jou insulienvlakke. Klik ook op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees.
Hou vol met die oefening en vra jou pilatesinstrukteur om vir jou 'n meer aktiewe program te ontwikkel, sodat jy meer aërobiese oefening kan doen om gewigsverlies aan te help.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9428 votes
No
68% - 19907 votes
Vote