Ask an expert
Question

13 Apr 2003

Gluten en Jodium allergie verhoed gebruik van dieëtmiddels
Ek is vroulik, 20Kg oorgewig en 54 jaar oud. Is daar iets op die mark wat nie gluten en/of jodium inhet nie? Ek is 'n emosionele eter en sukkel om "reg" te eet. Ensure is al melkskommel wat ek kon kry wat glutenvry is, MAAR nou is daar weer jodium in.

Nataniel se rys en lensiedieet werk goed, maar dan tel ek net daarna weer gewig op.

Ek wil ook net 'n pil sluk en die vet laat wegsmelt!!

Is daar hulp vir my?
Answer 930 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Raadop
Daar is wel een medikasie wat miskien sal help en dit is Xenical. Vra jou geneesheer daaroor want dit word slegs deur mediese dokters voorgeskryf en dit help werklik om vetopname uit die dieet te verhoed. Die middel is egter duur en jou dr moet motiveer dat jy dit op jou Chroniese Medisyne Voordele kan kry. Dit behoort wel moontlik te wees aangesien jy baie gewig moet verloor en die oorgewig jou gesondheid kan aantas. As jy Xenical gebruik dan kan jy gewone kosse eet en gluten en jodium vermy. Indien jy nie aan 'n mediese fonds behoort, en Xenical nie kan bekostig nie, dan wil ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek (bel (012) 998-5650 (soggens) vir die naam en adres van jou naaste een). Sy/hy sal help om vir jou 'n gluten- en jodiumvrye verslankingsdieet uit te werk. Probeer ook gerus oefening om te begin gewig verloor, bv stap in die vars lug of swem.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9464 votes
No
68% - 20193 votes
Vote