Ask an expert
Question

15 Jan 2006

Het spastiese dikderm en is vir paar maande vreeslik opgeblaas, min eetlus, bly naar en tel nie gewig op nie.
Ek wil BAIE graag 'n goeie dieet he vir spastiese dikderm en wil sommer gewig ook verloor. Help my asb en voel vet en opgeblaas en niks klere pas nie. Ek is 'n depressie lyer en is baie angstige bang mens. Help my asb met goeie dieet. Moet ek stysel uisluit en as ek moet wat eet mens in die geval. Kan u asb vir my voorbeeld van spyskaart gee of na 'n dieetkundige verwys

Dankie
moedeloos van Pta
Answer 1,368 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Moedeloos
Ek wil graag voorstel dat jy wel 'n kliniese dieetkundige raadpleeg vir jou spastiese dikderm en die gewigsprobleem. Ek kan jou nie direk verwys nie, maar kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind. Een van die belangrikste faktore wat 'n spastiese dikderm kan vererger, is stres en dit wil voorkom van wat jy se dat jy baie gespanne is. Ek vertrou dat jy alreeds behandeling vir hierdie probleem ontvang? Indien nie, moet jy asb ook 'n kliniese sielkundige of psigiater spreek (jou huis dr sal jou kan verwys). Deur die stres te beheer, sal jou dikderm ook meer normaal begin reageer.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9361 votes
No
67% - 19299 votes
Vote