Ask an expert
Question

07 Apr 2003

Is daar iets soos te veel yster?
Ek was 'n rukkie terug gediagnoseer met 'n ernstige yster tekort. Die dokter het FeroFolic vir my voorgeskryf en ek moet se ek het al na 2 weke 'n verbetering gevoel. Ek is nou op my laaste maand van my 3 maande voorskrif en ek wil net uitvind of ek maar kan aanhou om daagliks my ysteraanvullings te drink? Of is daar negatiewe gevolge as mens te veel yster inneem? Ek is bang die yster tekort kom terug aangesien ek al my hele lewe lank sukkel met 'n ystertekort, al eet ek ysterryke kosse soos lewer, beet ens.

Vriendelike Groete
Answer 2,878 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste ST
Ek is bly dat jy al beter voel. Ek dink dat jy hierdie kwessie met jou geneesheer moet bespreek, want hy/sy moet aandui wat jou chroniese ystergebrek veroorsaak (wanabsorpsie, oormatige verliese, ens) en dan besluit of jy chronies moet ysteraanvullings drink, al dan nie. Hy/sy sal miskien aanraai dat jy net elke 2de of 3rde dag een pilletjie drink as voorkoming, want mens kan wel te veel yster inneem, wat weer tot anyder komplikasies kan lei (bv ophoping van die yster in die lewer). Gesels dus gerus met die resepterende dokter sodat jy presies weet hoe om aan te gaan nadat jou ystergebrek genees is.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.