Ask an expert
Question

01 Jun 2004

Laparoskopiese mantelvliesherstel asook klepherstel - dieet
Help asb!!! My man het `n Mantelvliesbreuk laat herstel sowel as die klep tussen die maag en die slukderm. Wat kan hy eet? Ek weet van Joghurt, slap mieliepap, sagte poedings, jellie en roomys en dat skaap, bees, vark, hoender, brood en gaskoeldrank uit is. Wat van spaghetti, sop met vleisaftreksel in, brandewyn (sonder Coke) Fyn Groenbone. Ek is al raadop met kos beplan en 5 weke le nog voor!!!!
Answer 4,483 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Ronnie
Jammer om te hoor van jou man se probleem. Terwyl hy probleme met sluk ondervind, wil ek aanbeveel dat hy op die sagte dieet bly - die kosse wat jy genoem het, asook maaltydvervangers soos Ensure (koop by apteek) en Fresubin (Bel vir Magda (011) 203-2000, of 083-603-2231 vra haar oor die voedselaanvullings wat kan help). Jy kan ook die kosse wat nie sag is, ,kook en dan in 'n versapper fyn maak, bv gemaalde vleis, groentesop, ens. Sorg net dat die tekstuur sag genoeg is deur melk of vleisaftreksel by te voeg totdat dit slap genoeg is dat jy dit kan sluk sonder pyn of moeite. Jy kan ook heerlike melkskommels maak met volroom melk, ingemaakte vrugte, heuning, roomys en om die proteïeninhoud te verhoog, kan jy 1-2 E vetvrye melkpoeier byvoeg.
Ek vertrou dat jou man spoedig sal herstel.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9472 votes
No
68% - 20299 votes
Vote