Ask an expert
Question

06 Sep 2011

Maaltye
Hoe beinvloed die inname van ''n groot hoeveelheid voedsel op ''n keer gewigstoename/beheer? bv Word die voedsel wat ''n mens eet na ''n dag se vas eerder in vet omgeskakel as dieselfde hoeveelheid kos versprei oor die hele dag? Dink hier aan diete wat op ''n puntestelsel werk waar ''n mens die punte kan bank, en dan die punte aanwend vir ''n ''treat" .
Answer 1,244 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Worsie
Volgens navorsing wat 'n hele rukkie terug gedoen is, sal persone wat 'n knabbeldieet ("nibbling" volg, meer gewig verloor as persone wat 2-3 groot maaltye per dag eet ("gorging"). Dit sal natuurlik slegs gebeur as die persoon aan lae-vet, lae-kJ kosse knabbel! Mens kan bv. 'n standaard 3-maaltyd-per-dag dieet verander na 'n 5-6 klein maaltye-per-dag dieet om te toets of jy met laasgenoemde meer suksesvol gaan wees (deel net elke maaltyd in twee). Onthou tog dat jou totale energie-inname vir die dag op albei diƫte, nie 6300 kJ per dag moet oorskry nie. Alhoewel mens vir 'n dag of wat kan vas sonder nadelige gevolge, sal lang periodes van vas veroorsaak dat jou liggaam sy gewigsverliesmeganismes afskakel aangesien dit aan 'uithongering' blootgestel word. Dit is beter om liewer bestendig jou dieet te volg as om gedurig te verander van vas na eet, en omgekeerd.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9439 votes
No
68% - 20032 votes
Vote