Ask an expert
Question

02 May 2003

manlik en oppad anoreksies te word???...
Ek is 22, weeg so amper 72kg en is 1.98m. My probleem is ek eet nie - ek sal miskien n appel of n peer so elke 3de dag eet, indien dit n hele vrug is selfs. Ek drink heelwat water, is aktiewe deelnemer in atletiek en rugby en so 3x per week draf ek saam met my suster (sy is 18 en in Matriek). My probleem is ek is bang ek is oppad om anoreksies te word, teenoor my pelle is ek HEELWAT en ek meen HEELWAT maerder. Wat staan my te doen, moet ek moed bymekaar skraap en prof hulp opsoek of wat? My suster het onlangs n opmerking na my toe gegooi dat ek baie gewig verloor het in die laaste 12 maande. As ek my vel vasknyp is dit net vel, geen vet nie. Iemand gee net raad asb. Dankie
Answer 702 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Cornel
Tans is jou BMI = 18,4, wat nogal lag is vir iemand wat so aktief is. Dit is uiters noodsaaklik dat jy wel professionele raad inwin. Gaan eerstens vir 'n fisiese ondersoek om te probeer vasstel of jou gebrek aan aptyt te wyte is aan 'n onderliggende fisiese probleem. As daar geen fisiese oorsaak is, dan moet jy liefs die hulp van 'n kliniese sielkundige (vra die dr om jou te verwys) en 'n kliniese dieetkundige (skakel (012) 998-5650 (soggens) vir die naam en adres van jou naaste dieetkundige) kry, want so kan jy nie aangaan nie. Doen so gou as moontlik iets aan hierdie toedrag van sake voordat jy rerig siek word.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.