Ask an expert
Question

26 Nov 2011

metabolisme
Hoe kan ek weet of ek ''n stadige of vinnige metabolisme het?
Answer 1,934 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Metabolisme
Algemeen gesproke, sal persone met 'n vinnige metabolisme groot hoeveelhede kos kan inneem sonder om gewig aan te sit, altyd aan die gang wees, neig om gedurig te beweeg, ens. Indien 'n persoon 'n ooraktiewe skildklier het, sal die persoon ook 'n vinnige hartklop, bewerasies, probleme met slaap, en 'n hoër liggaamstemperatuur hê. Persone met 'n stadig metabolisme sal weer maklik gewig optel, selfs as hulle relatief min eet, neig om nie fisies aktief te wees nie, en dikwels moeg voel. Indien hulle 'n onderaktiewe skildklier het, sal hulle polsslag stadig wees, hulle sal gedurig koud voel, en moontlik 'n vergrote skildklier (goiter) hê. Indien jy vermoed dat jou metabolisme te vinnig of te stadig is, behoort jy jou huisarts te sien sodat hy/sy jou skildklierhormoonvlakke kan toets en die nodige terapie kan voorskryf. As jy bv. nie 'n onderaktiewe skildklier het nie, en tog gedurig moeg en pap voel en neig om gewig op te tel, dan is dit belangrik om elke dag vir ten minste 30 minute aërobiese oefening (bv. flink stap, draf, swem, fietsry, touspring, roei, deelname aan 'n gimnasium of 'Walk for Life') te doen, want oefening is die beste en veiligste manier om 'n trae metabolisme te stimuleer. Die meerderheid oor-die-toonbank metabolisme stimulante het gewoonlik te veel nadelige newe-effekte om dit aan te beveel.
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.