Ask an expert
Question

16 Apr 2004

Mismoedig
Hi

Ek is vandag baie mismoedig en "down" omdat ek stadig maar seker besig is om gewig op te tel. Vir jare was my gewig altyd dieselfde maar van Desember het ek al 4kg opgetel. Ek is nie oorgewig nie maar my klere sit baie styf en ek wil nie groter gaan nie. Ek is gewoond om 5 keer 'n week 5km op die treadmill te hardloop en vir lank het ek 'n dieetkundige se eetplan gebruik en ek het altyd goed gevoel. Vandat ons Des op vakansie was - in 'n karavaanpark was brood ons stapelvoedsel. Ek is allergies vir alle styselvormige kos maar het dit ge-eet. Van daar af is dit asof dit 'n houvas op my gekry het en ek kan dit nie los nie - die wil om te eet is baie sterker as om gewig te verloor. Motivering van my vriende help nie meer nie. Wat kan ek doen? Ek het net nie meer die lus om te hardloop of oefeninge te doen nie. Kan myself net nie sover kry om weer terug te kom na my ou eetplan nie. Al wat ek wil doen is net eet. Help asb!!!


Answer 410 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste AAA
Ek dink dat dit belangrik is om uit te vind hoekom jy so reageer. Ek wil aanbeveel dat jy jou dr raadpleeg vir 'n basiese mediese ondersoek - potensiële probleem kan tiroïed- of insulienprobleme, of 'n wanbalans van vroulike hormone insluit, maar depressie is ook 'n faktor wat in ag geneem moet word. Indien jy wel aan insulienweerstand ly, moet jy na jou dieetkundige terugkeer want die regte dieet wat gegrond is op kosse met 'n lae glisemiese indeks (GI) is een van die belangrikste aspekte van behandeling. En gaan asb terug na die gereelde oefening - jy weet self hoe goed dit jou laat voel. Die endorfiene wat jy maak terwyl jy oefen, sal help om daardie neerslagtigheid te bekamp. Doen nou dadelik iets oor jou toestand en jy sal vinnig daardie 4 kg verloor.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9472 votes
No
68% - 20299 votes
Vote