Ask an expert
Question

23 Oct 2006

MOEDELOOS
My dieetkundige het my na my huisdokter verwys uit pure moedeloosheid. My voorgeskrewe dieet is gebaseer op 4500 kj en die vetjies wil net nie padgee. 200g op - 200g af - vetpersentasie op en dan weer af. Daar gekom het ek 'n lesing gekry oor redes vir oorgewig. Hy stel voor ek gaan op 'n hoë protein dieet of eet so min moontlik. Volgens hom doen die dieetkundige dalk nie haar berekeninge reg nie. Hy dink nie eers dit is nodig dat ek gaan vir bloedtoetse nie alhoewel ek reeds insulienweerstandig is. Hoe nou? Is daar 'n generasie
GP's wat gestagneer het in die 70's. Hy glo nie eers dat insulienweerstandigheid 'n invloed het op gewigsverlies nie.
Answer 610 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Katryn
Ek dink dis nou tyd dat jy 'n tweede mediese opinie moet kry, want dit wil voorkom van wat jy sĂȘ dat jou dr nog nie van toestande soos insulienweerstand gehoor het nie. Dit het wel 'n baie sterk invloed op gewigstoename en die feit dat jy sukkel om gewig te verloor, asook die sg metaboliese sindroom. Kyk asb in die telefoongids onder 'Mediese Spesialiste' en vind 'n Endokrinoloog en maak met hom/haar 'n afspraak sodat hy/sy vir jou kan toets vir insulienweerstand en die korrekte medikasies soos Glucophage kan voorskryf om jou met gewigsverlies te help. Probeer tog ook om oefening by jou regimen te voeg, (bv. flink stap, fietsry, swem, hardloop of sluit by Walk for Life aan), want daaglikse oefening, help ook om die insulien- en glukosevlakke te normaliseer en gewig te bekamp.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.