Ask an expert
Question

06 Oct 2011

Onverklaarbare gewigtoename
Ek hoop u kan my help, want ek is al raadop. Die afgelope paar maande het ek ''n paar kilogram opgetel. Ek het sekere kosse uitgesny wat ek gedink het die oorsaak kan wees, soos ''n oormatige inname van droe vrugte, en meer begin oefen (40 min draf), maar my gewig neem steeds toe.

Wat kan moontlik die oorsaak wees? Ek eet nie baie (eintlik minder as wat ek moet). ''n Voorbeeld van my eetplan:

Ontbyt: halwe koppie hibre bran en 100g vetvrye joghurt
Vrug
Middagete: Vrug
Aandete: Groente
''n Ryskoekie

Ek peusel soms aan droe vrugte en ryskoekies. Ek drink ook net versoeter in my koffie en eet soms ''n paar jellybeans (hoogtens 15 ''n dag). Ek drink ook soms Centrum, maar op ''n ongereelde basis (ek vergeet soms)

Ek het ''n vermoede dat ek dalk ''n wanbalans van een of ander aard het. Kan u dalk u mening gee van die moontlike oorsaak? Byvoorbaat dankie!
Answer 801 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Lin
Jy noem nie jou huidige gewig in kg en lengte in meter nie, sodat ek jou BMI kan bereken en kan evalueer of jy wel oorgewig is, al dan nie. Maar indien jy so minimalisties eet soos wat jy sê, dan is jy seker baie ondergewig en ly jy waarskynlik ook aan verskeie moontlike voedingsgebreke. Op so 'n ongebalanseerde en baie-lae-energie dieet, is dit waarskynlik dat jy gebreke het aan energie, proteïene, yster en sink (aangesien jy nie melk, jogurt, kaas, eiers of vleis of vis eet nie), kalsium (te min suiwelprodukte), vitamiene A, B-kompleks, D, en E. Dit is dus moontlik dat jou 'gewigstoename' die gevolg is van sg. elektroliet- en proteïenwanbalanse, wat kan lei tot waterretensie. Vir jou oorlewing wil ek sterk aanraai dat jy dadelik 'n mediese dokter raadpleeg sodat hy/sy kan vasstel watter voedingsgebreke jy aan ly en voorstelle kan maak om dit te korrigeer. Gesels asb ook met die dr oor die moontlikheid dat jy aan 'n eetversteuring ly, sodat die dr vir jou met hulp kan bystaan. Niemand kan so min eet en gesond bly nie.
Wees asb baie versigtig
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9444 votes
No
68% - 20057 votes
Vote