Ask an expert
Question

07 Nov 2008

Smaak in mond
Beste dok

Ek het die afgelope week of 2 ' n metaalagtige smaak in my mond. Dit is nogal prominent, veral nadat ek geeet het. Ek drink geen medikasie nie, maar wel 1000mg salm-olie tablette en ' n multi-vitamien per dag. Ek is 40, manlik en het ' n BMI van 23. Ons eet baie vars vrugte en groente en is baie gesond. Ek het vir jare bloed geskenk tot ek 6 maande gelede opgehou het. (Het 52 eenhede geskenk.) Ek het dit die eerste keer geproe nadat ek vars aarbeie geë et het.

Ek hoor graag van u.

Baie dankie
Answer 14,950 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Eddie
As jy geen medikasies inneem nie (wat nogal dikwels smaakversteurings kan veroorsaak), dan kan dit wees van die vitamienaanvulling of selfs die salmolietablette. Probeer die 2 vir 'n week of so uitlos en kyk of dit die probleem verbeter. As die metaalagtige smaak aanhou, dan sal ek aanraai dat jy 'n mediese dr spreek, net om seker te maak dat daar geen onderliggende probleem is nie (bv 'n toestand soos hemosiderose - 'n oormaat yster in die liggaam wat miskien tot nou deur jou bloedskenk versluier is).
Groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9435 votes
No
68% - 19981 votes
Vote