Ask an expert
Question

13 Feb 2006

Te veel water
Goeie dag
Ek wil graag die volgende weet: Ek is 'n stapper (power walk), plus 40 jaar en doen 'n werk waar ek heeldag sit. Drink ong. 4 liter vloeistof per dag (koffie, koeldrank en water). As ek by die werk is, drink ek baie meer as wanneer ek by die huis is. Wanneer ek Saterdae aan 'n wedloop deelneem (10 of 5 km) kom ek terug met 'n folterende hoofpyn en soms ook naarheid. Snags kry ek geweldige krampe (daai wat voel jou spiere skeur). Is te veel water die rede? En nog iets, is daar 'n naam vir iemand wat te veel water dring.
Answer 1,156 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Fransie
Ja, mens kan te veel water inneem en dit lei tot uitputting van belangrike minerale soos kalsium, kalium, magnesium en natrium wat almal 'n rol speel in oefening en spiersametrekking. Daar word 'n toestand wat as 'Water intoksikasie' bekend staan en dit lei tot elektrolietuitputting met simptome soos wat jy beskryf. Volwassenes het net ongeveer 2-3 liter vloeistof per dag nodig tensy hulle in snerpende hitte strawwe werk of oefening doen (by iemand wat op die myne ondergrond werk). As jy aan 'n wedloop deelneem is dit wel belangrik om vloeistof in te neem, MAAR jy moet ook sorg dat jy jou koolhidraatinname konstant hou en elektroliete soos kalium en natrium inneem. Gebruik dus energiedranke soos Powerade, Energade of EnerG as jy aan wedstryde deel neem.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.