Ask an expert
Question

07 May 2004

vet opsessie
Asb Doc, ek is despiraat. ek is 36 jr oud, vroulik ( 1.5m en weeg 54 kg) My probleem is dat ek 'n opsessie met my gewig het. So erg dat ek vir 6 dae niks sal eet nie, net van de-caff koffie sonder suiker en Tab lewe. Dan sal ek vir 'n dag of twee
een ete per dag eet en tussen-in dalk een dag 'n hele slap sjokolade eet. Maar glad nie dat ek ooreet nie. Verloor niks kg nie. Verstaan dat my liggaam vet stoor! Dan sal ek weer vir twee weke besluit om ligte etes (voedsaam) te eet 3 x per dag. Weer verloor ek niks na 'n week of twee nie. Inteendeel, ek tel weer op. Genade tog, ek is vasgevang in hierdie eet-vet oorlog. Ek haat die gevoel van versadig wees en steek liewer my vinger in my keel, maar verloor steeds geen gewig nie. Sien eerder kans om selfmoord te oorweeg as om langer vet nie wees. (5kg vir my lengte is 20 kg vir 'n normale lengte vrou)

Ek weet dat ek dalk 'n eetversteuring probleem kan ontwikkel weens my opsessie, maar geen dieet wat ek al tee-gekom het werk vir my nie, behalwe die hoe-protieen, maar ek haat vleis, en sodra ek die dieet los, tel ek dit alles weer op.

Kan u my asb hier help met 'n dieet wat ek kan volg, sonder om my te straf met "6 klein etes per dag" Ek hou nie van eet nie, of altans van versadig voel nie, dit veroorsaak ongemak op die krop van my maag en dan kry ek sooibrand.

Groete
Answer 1,203 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Rene
Dit is duidelik dat jy aan 'n eetversteuring ly, waarskynlik 'n kombinasie van bulimie en anoreksie. So 'n versteuring word deur onderliggende sielkundige en moontlik ook chemiese wanbalanse veroorsaak en dit is uiters noodsaaklik dat jy deskundige hulp daarvoor moet kry. Raadpleeg asb 'n kliniese sielkundige (vra jou dr om jou te verwys) en 'n kliniese dieetkundige (kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind). Hierdie persone sal eers vir jou moet help om hierdie siekte baas te raak en die onderliggende probleme uit te werk en dan kan die dieetkundige jou help om jou gewig te beheer. Op hierdie stadium het jy hulp nodig , nie nog 'n dieet nie. As jy in Kaapstad woon kan jy die Kenilworth Kliniek skakel by (021) 797-1400 wat 'n spesiale eenheid vir eetversteurings het. Tara Hospitaal in Johannesburg (011) 783-2010, en Riverview Manor (033) 701-1911 in KwaZulu-Natal het ook sulke eenhede. Los eers die eetversteuringsprobleem op en kyk dan na gewigsbeheer.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9474 votes
No
68% - 20305 votes
Vote