Ask an expert
Question

13 Sep 2008

Wellbutrin
Hi Doc

Ek wil net graag weet, of het Doc al ooit gehoor van iemand wat gewig optel terwyl hulle op Wellbutrin was? Dankie dat u altyd ons vra so mooi en met soveel meegevoel beantwoord. Dit word waardeer.
Answer 1,197 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Curious
Baie dankie vir jou mooi woorde, ek waardeer dit! Ek het persoonlik nog nie van iemand gehoor wat gewig opgetel het met Wellbutrin. Ek het egter Wellbutrin nageslaan in my kopie van MIMS ('n boek wat al die medisyne wat tans in SA verkoop word, lys en ook hul newe-effekte, ens), en daar word wel genoem dat Wellbutrin anoreksie kan veroorsaak. Dit sal natuurlik tot gewigsverlies lei. Aan die ander kant word versteurings van glukose metabolisme ook gelys en dit kan moontlik gewigstoename aanhelp. As jy ondervind het dat Wellbutrin jou gewig laat toeneem het, kan jy dalk hierdie probleem bespreek met die geneesheer wat jou behandel. Ander potensiƫle oorsake kan miskien depressie of 'n afname in fisiese aktiwiteit wees.
Ek hoop jy kan vasstel wat die gewigstoename veroorsaak.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19939 votes
Vote