Ask an expert
Question

20 Jan 2010

Raad asb
Ek en my man is al 1 jaar getrou maar amper 3 jaar saam. Hy het nou '  n nuwe werk begin waar hy 7dae '  n week gaan werk met net 1 naweek per maand af. My probleem is dat sy kinders ver is (so 2 ure se ry) en dat hy te laat by die huis kom om die kinders te gaan haal. Ons het met sy ex oor een gekom om 1 keer '  n maand die kinders vir '  n naweek te gaan haal maar volgens die bevel is dit vanaf die Vrydag 3 uur tot die Sondag 4uur. Sy ex weier dat ons die kinders later die aand gaan haal of dat ek die kinders gaan haal - gee asb raad, want ek is al raadop. PS my man werk to 6:00.
Answer 708 views
Expert
Family law expert
Family law expert

01 Jan 0001

Hi Tanja,

Dit is baie onregverdig van haar om die houding in te neem in lig van jou man se situasie. Ek is van oordeel dat julle haar bywyse van 'n prokureur skrywe versoek om 'n wysiging en die omstandighede verduidelik, sy verwag tog immers dat jou man onderhoud aan die kinders moet betaal, maar laat hom nie toe om die ure daarvoor in te sit nie. Indien sy sou weier wat die wysiging gemaak word kan daar aansoek gedoen word om wysiging van die skikkingsakte bywyse van 'n hof aansoek.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.