Ask an expert
Question

16 Oct 2006

AKNEE VEL EN HORMONE - HISTEREKTOMIE
Hallo Doc

Ek het skielik op ouderdom 36 'n akneevel ontwikkel rondom my ken. Dit is nogal erg. Ek het nooit puisies gekry nie, nie eens in my tienderjare nie. Ek was by die ginekoloog omdat my menstruasie siklus baie deurmekaar is. Hy het my op 'n ligte hormoonpil geplaas en gesê die aknee is as gevolg van die menstruasie wat deurmekaar is. Hormoonstudie het getoon dat alles normaal is. Hy het ook 'n papsmeer gedoen. 'n Paar dae later wou hy my sien en het my toe meegedeel dat ek abnormale selle in fase 2 in die baarmoeder het en dat ek 'n histerektomie moet ondergaan. Omdat ek 2 keisersnee gehad het moet hy die histerektomie doen met 'n snit op die maag. Ek wil weet of my akneevel sal opklaar na ek die histerektomie gehad het, want my siklus is nou amper weer normaal, maar die akneevel wil nie weggaan nie. Hy gaan nie die eierstokke verwyder nie. Hy het ook gesê dat dit 'n groot operasie is omdat hy moet sny en dit nie vaginaal kan doen nie. Ek is regtig bang.
Answer 2,680 views
Expert
GynaeDoc
gynaedoc

01 Jan 0001

Firstly, check if a hysterecetomy is necessary. If you have abnormal cells which are not cancerous, they can usually be removed with a procedure caled a LLETZ.
In terms of the acne, a hysterectomy will not change this as it is your ovaries which produce hormones. If you are going to use a Pill, the best one for acne in Diane 35. You could also consult a dermatologist for other treatment options.

Best wises
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.