Ask an expert
Question

11 Feb 2006

Erge rugpyn
Drs bevinding: Lumbale osteopenie met verhoogde risiko van non-traumatiese fraktuur.
Vernouing van L5/S1 diskusspasie teenwoordig. Laset gewrigsdegenerasie teenwoordig. Osteitis pubis en degenratiewe sakro-illitis. Sklreose van S1 gewrigte
Erge pyn het begin 3 weke gelede sonder ophou.
Answer 1,854 views
Expert
Healthy Bones
Healthy Bones

01 Jan 0001

Beste Jana
Die dokter wat jou vir die x-strale gestuur het behoort vir jou mooi te verduidelik wat aangaan. Die lumbale osteopenie kan hulle egter net met 'n beendigtheid bevestig en dit is nie vir jou pyn verantwoordelik nie. Dit wil voorkom asof jy inflammasie van die verskillende gewriggies in die bekken en laer rug het wat gepaardgaan met degeneratiewe veranderinge in hierdie areas (slytasie ens). Gaan sien asb weer jou dokter. Hy mag dalk anti-inflammatoriese medikasie voorskryf wat verligting kan bring.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.