Ask an expert
Question

13 Feb 2006

Pyn in arm na muurbal
My vrou het 2 maande gelede vir die eerste keer saam met my muurbal gaan speel. Twee dae later het die arm waarmee sy speel, begin seer word (feitlik die hele arm) en dit is steeds so seer dat sy dikwels moet pynpille drink. Sy het nog nie kans gehad om dokter toe te gaan nie weens werksomstandighede. Wat kan die pyn veroorsaak?
Answer 526 views
Expert
Healthy Bones
Healthy Bones

01 Jan 0001

Beste Daan
Dit kan wees dat sy van die ligamente seergemaak het en dat daar nou 'n inflammatoriese reaksie van die omliggende weefsel is. Enige aktiwiteit (swaar goed optel ens) kan die proses aan die gang hou. Sy moet so ver moontlik probeer om die arm te rus. Anti-inflammatoriese middels soos Brufen ens. kan dalk help, maar ek stel voor dat sy maar 'n dokter gaan sien wat haar kan ondersoek en kyk of sy nie dalk 'n erger besering opgedoen het nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.