Ask an expert
Question

20 Jan 2010

gedruis in linkeroor wanneer ek gaan le
Daar is ' n harde gedruis in my linkeroor wanneer ek gaan slaap. Dis soos ' n vibrasie of trilling en gebeur feitlik elke aand wanneer ek gaan slaap. Ek ervaar nie oorpyn nie, maar dit is nogal steurend as ek wil slaap en sukkel om soms aan die slaap te raak agv die druising. Wat kan die oorsaak hiervan wees?
Answer 858 views
Expert
Hearing management
Hearing Care

01 Jan 0001

Hallo Edna

Dit is baie belangrik dat jy hieraan aandag gee, veral omdat dit net in een oor is. Jy kan begin met 'n besoek aan jou huisdokter, wat jou dan verder kan verwys indien verdere evaluasie nodig is. Ek sal ook sterk aanbeveel dat jy vir 'n volledige gehoorevaluasie gaan by 'n Oudioloog. Indien jy nie van iemand in jou omgewing weet nie, laat weet my gerus en ek verwys jou met graagte. (izabellepieterse@gmail.com)

Daar is verskeie moontlike oorsake vir die simptome wat jy ondervind en dit kan iets baie eenvoudig tot kompleks wees.

Laat weet my indien jy enige verdere inligting benodig
Vriendelike groete
Izabelle Pieterse
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9468 votes
No
68% - 20241 votes
Vote