Ask an expert
Question

12 Mar 2010

Thorasic Outlet Sindroom
Hi

Ek was in 2007 in 2 motor omgeluke gewees. Ek het volgens dokters my eerste rib regs gebreek maar die medicross dokter het dit te laat op getel. Die been het weer skeef aan gegroei en het toe op die senuwees in my arm af begin druk. Dit het naderand so erg geword dat ek nie meer kon my hand behoorlik toe maak nie en ek kon ook nie my arm hoë r as my skouer op lig nie. Ek het ook gereeld pyn in my skouer en nek gehad en naalde en spelde oor my hand. En ek het BAIE krag in my (dominerende) hand virloor.

Ek het gegaan vir 53 infiltrasies en eventueel is die been virwyder en ek kon my hand weer gebruik. Dit het begin beter gaan maar ek kry nogsteeds pyn in my skouer, nek en hoof en voel weer so ''n styfheid in my hand. Ek kry ook deesdae gereeld hoofpyne. Nae talle x-trale en scans kan hulle (die dokters) blykbaar nie bepaal wat fout is nie.

Ek het ook gehoor dat die " scar tissue"  die plek kan oor vat van waar die been virwyder is. Die sny en die area om dit is nog baie gevoelig en pynlik.

Ek het ook lae rug pyn wat vireger as ek lank regop sit of staan. Ek kry pyne in my been af en my voet voel met tye dood. Ek kan ook nie op my toone staan nie en ek kan ook nie die toone van my regter voet buig nie. Daar is vir my al gesê  dat hulle gan moet been uit my heup vat om die kussingkie in my lae rug wat besig is te virbrokkel te virvang, maar later an se besoeke by die dokters sê  hul nou weer die virskil in diskus hoogte is commen.

Ek weet nie meer wat se kant toe nie. Ek boer by die dokters en het al BAIE geld bestee hierop. Ek kry ook gereeld Voltaren inspuitings en B12 en Bcomplex inspuitings.
Answer 1,129 views
Expert
Orthopaedic Specialist Forum
Orthopaedic Specialist Forum

01 Jan 0001

Beste Marcel,

Die probleem in jou hand en been is twee verskillende beserings en nie direk verwant aan mekaar nie. Dit klink van wat jy se of daar senuweee kompressie van die brachiaal pleksus was deur die eerste rib - dit kan beslis weer herhaal deurdat fibrose ("scar tissue") weer vorm. 'n Sjirurg wat ondervining het met "Thoracic Outlet Syndrome " sal jou raad kan gee of die scar tissue verwyder kan word.

Wat jou rug en been betref klind dit asof jy 'n senuwee kompressie het deur 'n diskus in die rug - kry die opinie van 'n neurosjirurg om te besluit of 'n dekompressie prosedure nie vir jou kan help nie.

Dr de Beer
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9465 votes
No
68% - 20205 votes
Vote