Ask an expert
Question

17 Sep 2007

2 en half jarige met geswelde nekkliere
My seuntjie van 2jaar en 6maande het baie geswelde nekkliere en ek het hom by die dokter gehad so maand gelede omdat hy 'n slegte bors gehad het wat net nie wil beter word nie. Na R980 se medisyne en 10min by die pediater wat my net onder die R780 gekos het omdat dit na-ure was, was sy antwoord op my vraag oor sy kliere dat hy 'n permanente "nasal drip" het en dit veroorsaak dat die kliere opswel. My eerste seuntjie het ook op 3 jaar kliere gehad en sy pediater was bekommerd en het hom gestuur vir 'n scan en bloedtoetse (my man se familie is vol kanker). Daar was niks fout nie en hulle het gesê ek moet hom net dophou en as dit weer so erg raak sal hulle graag 'n stukkie wil uitsny en wegstuur.
Ek wil graag weet of ek hieroor moet worry of is dit wel normaal vir 'n kind om geswelde kliere te hê in sy nek (jy sien dit nie, maar as jy daaroor vat voel jy die knoppe).

Ek wil nie net dr toe hardloop nie, maar ek wil nie môre hoor dat dit my skuld is dat my kind dalk iets kwaadardig het en ek niks daaromtrent gedoen het nie.

Help asb. is daar dalk nog mamma's wat wel ook hierdie probleem het van kliere wat swel in die nek.
Answer 1,396 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Wat hier nodig is is 'n vaste diagnose. Dit is nodig om ' n pediater te raadpleeg wat seker verskillende toetse sal doen om vas te stel of hierdie geswelde kliere 'n probleem is of nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.