Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- CyberDoc
- Oral health expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
Baba en hees stem
My baba dogtertjie is 9 maande oud.Ek kom die afgelope 4 dae agter dat haar stemmetjie hees is.Sy het geen ander simptome van siekte nie.Sy eet en drink goed, speel soos altyd.Sy is wel besig om 6 tande te sny - so weet nie of dit dalk die rede is nie.Wat stel u voor doen ek - vat haar maar eerder dokter toe?Dankie
Daar is verskillende redes wat kan veroorsaak dat 'n baba van 9 maande skielik hees word.Een rede is 'n ligte graad van 'n kroep ontsteking wat self sal opklaar. 'n Ander rede is miskien 'n sproei [kandida] onsteking van haar stembande. Refluks is nog 'n moontlike rede veral wanneer jou baba nie siek is nie. Die beste sal wees om haar dokter toe te neem net om seker te wees van die diagnose.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.