Ask an expert
Question

24 Aug 2007

babaverkoue-wanneer om bekommerd te wees
More dr

My 6 maande oue dogtertjie het nou 'n verkoue opgetel, sy bly by 'n dagmoeder maar is die enigste kind daar. Haar neus loop verskriklik en haar ogies is rooi en tranerig en ek kan hoor sy is verstop, soos 'n kop verkoue. Dit lyk ook of haar ore haar pla. Ek moet byse dat sy besig is om haar eerste tandtjies te sny. Sy drink en eet darem nog goed.

My medies is al redelik uitgeput want my seun was al 2 keer die jaar in die hospitaal en telke male siek.

Kan ek my baba by die huis dokter soos volg:
Coryx Pead vir die verkoue (1.25ml)
Adco-Kiddiepayne vir koors en oorpyn (sy het gistermiddag 'n effense koors gehad maar nog nie weer nie) (2ml)
Covancaine oordruppels vir die ore (1 druppel per oor)

Of moet ek haar eerder dr toe vat ? As ek har by die huis kan dr, hoe lank moet ek wag voor ek bekommerd word as sy nie beter word nie?
Answer 1,896 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Sy het beslis 'n verkoue maar ek is bekommerd oor haar ore.Gebruik baba salien neusdruppels soggens en saans en Panado infant drops vir pyn en koors. Indien sy nog aanhou om aan haar ore te vat sal dit nodig wees om haar dokter toe te neem. Moet asb nie Coryx en geen Kiddiepayne of die Covancaine oordruppels gebruik nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19299 votes
Vote