Ask an expert
Question

30 Oct 2006

curious
My suster se seuntjie is nou 10 maande. Hy was klein by geboorte - sy ma het gerook tot sy geboorte. As hy huil dan hoor jy skaars hy huil - dit is baie sag asof hy sukkel om iets uit te kry. Hy het erg refluks dat die melk sommer by sy neusie uitkom maar word behandel vir dit. Dit pla my dat jy hom skaars kan hoor huil- my baba van 13 maande verskil baie van hom. Is dit normaal?
Answer 216 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Hierdie baie sagte gehuil is definitief nie normaal nie. Dit kan miskien as gevolg van die refluks wees.Anders kan dit moontlik deur 'n sogenaamde 'vascular ring' veroorsaak word.Dit is uiters belangrik dat hierdie babajie deur 'n pediter ondersoek moet word. Sy ouers moet melding maak van die moontlikheid van 'n 'vascular ring'
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.