Ask an expert
Question

16 Apr 2003

enige voorsorg maatreels teen longontsteking in TOF -PEUTER?
MY BABA IS GEBORE MET DIE ESAFOKUS EN TRAGEA VERBIND (TOF). HY KRY REDELIK BAIE LONGONTSTEKING, TOT 3 KEER IN 2 MAANDE. IS DAAR ENIGE MANIER WAAROP EK DIT KAN VERMINDER? HY HET 4 WEKE TERUG 'N PNEMOVAX INSPUITING GEHAD - KAN DIT DALK OOK HELP MET DIE VOORKOMING? HY IS 2 JAAR OUD, DIE HELFTE VAN SY MAAG SIT NOG OPGETREK BOKANT DIE DIAFRAGMA, MAAR ANDERSINS IS HY AKTIEF EN GELUKKIG. WEEG 9KG
Answer 1,680 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Die pneumovax inenting is waarskynlik 'n goeie idee, maar ek sou verwag dat die oorgrote meerderheid van u baba se long probleme is agv refluks en aspirasie (of inaseming) van maaginhoud wat met die slukdermpie opstoot. Dit sal die beste wees as u hieroor met u eie pediater en pediatriese chirurg gesels, sodat 'n mens alles moontlik doen om die risiko van refluks en aspirasie te verminder. Dit klink egter of u pragtig na u kind kyk en ek besef hoe moeilik die pad is wat u waarskynlik al geloop het. Voorspoed!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.