Ask an expert
Question

01 Oct 2008

hardlywig?
My dogter is nou net oor ' n jaar. Ek het so drie maande terug begin met beesmelk (longlife). Maar haar stoelgang is nie reg. Haar magie werk gereeld 1x per dag maar dit is ronde balletjies hulle is redelik hard. Sy huil nie as haar magie gaan . Sy is nie baie lief vir vrugte nie. In die begin het ek purity vrugte gegee en gee nou vir die afgelope 3 dae vars vrugte (paw-paw en piesang). Ek gee ook water en vrugtesap (pruime en peur). Sy kry nou so ± 600ml beesmelk. Moet ek terug gaan na perlagon blikmelk of bly op die beesmelk? Hoe moet hulle stoelgang lyk?
Answer 786 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Jou dogtertjie was definitief op die verkeerde melk [Longlife] en sy het ook dit te vroeg begin. Probeer nou liewers die Parmalat First Growth melk en sien of dit hierdie probleem sal oplos. Dit is belangrik dat sy aanhou om water te drink en hou ook aan met die verdunde vrugtesap [veral die pruim sap].
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.