Ask an expert
Question

23 Oct 2006

help asb
Liewe dr, ek het 'n groot probleem en weet nie of ek by die regte deur aanklop nie. Ekt 'n vriendin syt 2 kids die 1 raak nou 4jr oud en die ander 1 is 7 1/2 mnde oud. Sy gee vir die baba ek weet nie hoe lank al stopayne in die aande. Baba het nou die dag begin tande sny toe sê sy dit help met die tande en dit laat haar ook beter slaap ok goed en wel maar ek begin besef dat dit al voor die tandesny storie begin het en nou nog aanhou. Ek het 'n rukkie terug 'n brief gepos oor die sakie by die parenting cnr en baie raad gekry. Maar toe ek haar konfonteer het sy haar bloedig vererg vir my - sy sê die oudste 1 het met stopayne groot geraak en daar niks fout met die oudste. Ek het vir haar gevra om panado of tylon te probeer en dit self vir haar gaan koop. Net om gistraand te hoor "nee, dit werk nie" sy hou by stopayne. Is daar iewers 'n webwerf wat ek kan gaan besoek om feite vir haar op die tafel neer te lê. Of is daar 'n manier wat sy stadig maar seker van die stopayne kan afkom. Sy gee vir baba 2.5ml elke aand. Ekt gedink sy moet die dosis geleidelik verminder. Sal dit help. Gee asb raad.
Answer 619 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Ek hou glad nie van Stopyne nie. Dit bevat codeine wat kinders baie hardlywig maak en boonop kan hulle dit later begin misbruik. Ongellukig is daar ouers wat nie wil luister nie en hou aan om hierdie medisyne vir jong kinders te gee net om seker te maak dat die kind elke nag deurslaap.Die beste is om uit te vind wie is hulle pediater en miskien kan hy of sy met hulle gesels wanneer hulle weer die praktyk besoek.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.