Ask an expert
Question

07 Apr 2003

Immunisasies
Ek wil graag weet waarvoor ' Trimovax' vir kinders toegedien word. Kan u dalk vir my die immunisasie middele gee vanaf geboorte tot 5 jaar. Ons is tans in die buiteland en ondervind probleme met my kinders se immunisasie rekord.

Baie dankie

Hestie
Answer 819 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Dit is inderdaad 'n probleem om somtyds die immunisasies uit te sorteer as 'n mens tussen verskillende lande beweeg omdat die skedules wel van land tot land verkil. In SA is dit moeilik om presies vir u te sĂȘ wat u kins sou ontvang omdat dit effens verskil tussen wat privaat beskikbaar is en wat die staat verskaf. Miskien sal dit help as u my kan laat weet presies wat u kind alreeds ontvang het.

Trimovax is 'n kombinasie van "Measles, Mumps and Rubella", dit is masels, pampoentjies en Duitse masels. Dit word roetine weg in die privaat sektor toegedien op 15 maande in SA, maar is nie deel van die staats immunisasie skema nie, waar kinders masels inenting alleen ontvang op 9 en 18 maande.

Baie nuwe immunisasies is nog nie tans in SA deel van die roetine skedule nie oa. waterpokkies (alleen in VSA), pneumokok (in meeste ontwikkelde lande) en spesifieke tipes meningitis (in sekere areas van bv. Engeland). Ons land gee wel roetine weg al die immunisasies voorgestel deur die WGO. Die staats skedule sluit in polio, BCG, Tetanus, Kinkhoes en Witseerkeel (DPT), Hepatitis B, Haemophillus Influensa tipe B (Hib) en Masels.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.