Ask an expert
Question

30 Sep 2011

Thrush
Hi Doc

My meisiekind is 3jaar 8maande sy kla weekliks van ''n seer en ongemak by haar geslagsdele. Elke keer dat sy kla smeer ek vir haar ''n anti-swam salfie, soos Canesten aan en as dit nie help nie behandel ek haar vir 4-5 dae met Nystacid 2ml 3 keer ''n dag.

Is dit normaal haar om so gereeld die ongemak te ervaar? Is daar beter behandeling wat ek vir haar kan gee.

Sy eet tenminste 1keer ''n dag (partykeer tot 3 keer) ''n yoghurt.

Dankie byvoorbaat!
Answer 429 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Hierdie is 'n baie belangrike vraag veral aangesien hierdie klagte so dikwels onder dogtertjies van hierdie ouderdom voorkom. Is jou dogtertjie onlangs met antibiotikas behandel,want dit is die gewone oorsaak van hierdie klagte? Dit is uiters belangrik dat sy nie enige 'bubble bath' in haar bad gebruik nie. Sy moet ook net katoen onderklere dra wat met Sunlight wasseep gewas word. Gee vir haar Nystatin Oral solution per mond 1ml 4 maal per dag vir 5 dae en ook Probiflora Kinders een koutablet per dag vir 10 dae.Smeer Nystatin room 2 keer per dag aan by haar geslagsdele vir 5 dae.Hou ook aan met die yoghurt een keer per dag.Hierdie behandeling behoort hierdie kroniese probleem op te klaar.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.