Ask an expert
Question

02 Sep 2007

Uitwerking van Concerta en Strattera
My seuntjie is 8jr oud. Hy is baie emosioneel, dromerig, praat onsamehangend, maak nie al sy werk klaar nie, maak nalatige foute en skryf onnet. Hy is ook ongehoorsaam. Die geringste geraas onstig hom en kan hy nie konsentreer nie. Hy is gediagnoseer met Aandagafleibaarheid en ons het met Strattera begin (na arbeidsterapie, spelterapie, spraakterapie, kinderkinetika ens, ens) . Dit het goed gewerk vir so 'n paar weke, maar hy raak toe weer dromerig en begin weer onsamehangend praat. Die psigiater merk toe dat hy onreelmatige hartklop het en ons het vasgestel dat dit agv die Strattera is. Hy gaan toe oor op Concerta. Hy reageer nou flink, praat goed, funksioneer goed in 'n lawaaierige omgewing en voel gelukkig en is vol energie, luister die eerste keer as ek praat, maar skryf steeds onnet en raak gou kwaad en kry emosionele uitbarstings (huilerig). Hy kla die medikasie maak hom stout in die klas? Is dit raadsaam om ander medikasie te oorweeg? En watter medikasie is nog beskikbaar? Ek gee net die Concerta wanneer ek weet hy 'n besige dag het en belangrike opdragte moet voltooi - so 3 tot 4 dae per week
Answer 5,977 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Al is daar nog 'n paar newe effekte op die Concerta is jou seun baie beter vanaf hy dit gebruik. Sy handskrif is ook nie eintlik 'n baie groot probleem nie. Hou maar aan met die Concerta en gebruik dit net gedurende die skooldae van die week en geen behandeling gedurende skool vakansies nie.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.