Ask an expert
Question

27 Jul 2007

Verander formule melk?
Ek skryf gou in Afrikaans. Dis net soveel makliker met al hierdie dinge wat in my kop maal.
Babatjie (Reghardt) is nou 5 maande. Ek het geborsvoed tot 4 maande en is daarna terug werk toe. Ek gee vir hom S-26 Gold en gaan eers die naweek met ryspap begin. Hy drink gewoonlik 150 ml van sy melk, elke 4 ure.
Hy het al baie deurgeslaap, maar hierdie laaste week word hy elke 2/2.5 ure wakker en dan huil hy vreeslik. Ek is seker dis krampies. Ek gee wel Bascopan wat werk. Hy het 1 tot 2 vuil doeke 'n dag, maar dis nie hard soos wanneer hulle hardlywig is nie. Maar nou sukkel ons die laaste week dat hy sy melk drink. Byvoorbeeld gister het hy 'n bottel die oggend gedrink en die middag 13:30. Hy wou niks weet van melk gisteraand nie en het eers omtrent 12 uur gisternag gedrink en daarna weer en weer wakker geword en gehuil. Enige raad??
Hou hy nou skielik nie meer van sy melk se smaak nie?
Hy is seker tog nie hardlywig nie?
Kan S26 Gold hom nou meer krampies gee as voorheen?
Hy wil ook nie altyd sy sap drink deur die dag wat die skooltjie vir hom gee nie.
Seblief gee raad!
Answer 378 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Op sy ouderdom is melk die belangrikste voeding en nie vrugte sappe of pap.Van tyd tot tyd kry ek presies hierdie vraag oor babas wat S26 Gold drink. Probeer hom gerus op 'n ander voeding soos NAN 1 en sien of daar 'n verbetering plaasvind.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.