Ask an expert
Question

18 Sep 2008

Vraag oor post 899 reflux
Dokter, ek sien jy het genoem dat die persoon Nexiam en Motilium moet gebruik vir haar baba se suur en reflux probleem. Ek wou juis vanoggend vir jou dieselfde vraag vra want my baba van 7 maande het net so baie reflux en dit is baie suur. Ek het begin dink dit is die melk maar is iemand het al vir my gesê  dat dit nie altyd goed is om ' n baba se formule sommer net te verander nie. Hy was op Nan1 vanaf 5 maande en is nou op Nan2. Voor dit was dit borsmelk. Hy het die reflux vanaf geboorte gehad maar ons het dit maar net handteer soos dit gebeur het en gewoont geraak daaraan met die hoop dat dit later sal beter raak. Hy ruik nou net altyd sleg en suur. Wat ek eintilik wil weet is of ek hierdie twee produkte vir die reflux en suur by die apteek kry of moet ek dit op voorskrif by sy dokter kry? Moet ek maar eers sy dokter raadpleeg? Hy slaap ook omtrent net 3 ure ' n aand vir die laaste 3 dae. Ek dink dit is tande wat begin en hy het ' n baie baie erg verkoue. Dokter het vir my Flemeze en Demazin voorgeskryf. Hy hoes vreeslik erg nou en sy neus loop net so erg. Die medisyne gaan seker lank vat voor dit werk. Gebruik dit ook nou al 4 dae. Ek het ook vir hom Vidol tandpoeier gegee vir langer as ' n week nou maar hy wil nie meer he ons moet aan sy tandvleis vat nie.
Answer 883 views
Expert
childhood diseases
paediatrician

01 Jan 0001

Dit is nodig om 'n voorskrif te kry vir Nexiam en Motilium.Hierdie medisyne sal jou baba se refluks probleem baie verminder.Hy het nou 'n erge verkoue. Demazin sal nie help nie en die Flemeze sal miskien sy refluks vererger. Gebruik net Salex neusdruppels, een druppel in elke neusgatjie soggens en saans. Indien hy ook besig is om tande te kry sal Panado of Calpol stroop hom baie help.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.