Ask an expert
Question

23 Jan 2010

Lipitor vs Aspavor
Ek het 10 jaar gelede Lurselle gestaak as cholesterol-medikasie omdat my dokter ontdek het dat dit my ' n geweldige erge tipe allergiese reaksie teen mielieprodukte gee. Ek het toe Lipitor begin gebruik en die reaksie het opgehou. Ek het onlangs Aspavor begin gebruik omdat ek verneem het dat dit dieselfde bestanddele as Lipitor bevat. Maar dadelik het die reaksie teen mielieprodukte weer in alle erns begin. My afleiding is dat dit Aspavor se " skuld"  moet wees. Het dit dan nie presies dieselfde samestelling as Lipitor nie?
Answer 1,465 views
Expert
Pharmacist
pharmacist

01 Jan 0001

Hi Danie,

Ja, dit is veronderstel om dieselfde te wees, en word ook deur dieselfde maatskappy vervaardig (alhoewel een deur die generiese-afdeling van die maatskappy bemark word).

(LW - alhoewel die aktiewe bestanddeel dieselfde is, mag ander bestanddele daarin bv bindmiddels en vloeimiddels moontlik verskil)

My voorstel - Probeer weer die lipitor, en as die reaksie opklaar is lipitor waarskynlik die pil vir jou.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9465 votes
No
68% - 20208 votes
Vote