Ask an expert
Question

12 Nov 2004

3 jarige seun wat nie wil eet nie
My seuntjie van 3 wil nie kos eet nie.Partykeer gaan hy deur fases waar hy net bv. ontbytpap wil eet oggend, middag en aand. Dan wil hy net weer jogurt eet en deesdae wil hy net "simba chips" eet.Hy wil nooit saam met die res van die gesin by die eetkamertafel sit en eet nie.Die juffrou by die kleuterskool sê hy eet goed by die skool, maar as hy by die huis is wil hy niks weet nie.Wat kan ek doen om te kry om "regte kos" te eet en nie kos wat in my opinie wind is nie.
Answer 7,184 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Tap
Sulke eetgiere is ongelukkig volop in klein kinders. Die feit dat jou seun goed eet by die skool en giere het by die huis, dui aan dat daar iets in die huishoudelike opset is wat hy nie van hou nie. 'n Klein kind kan nie maklik vir groot mense verduidelik wat hom emosioneel pla nie, en sal dus dikwels uiting aan sy emosies gee deur weiering van kos of eet-giere. Ek wil voorstel dat jy hom na 'n sielkundige neem wat in jong kinders spesialiseer sodat hy/sy kan uitvind hoekom hy so reageer en hom help om hierdie probleem te bowe te kom. Andersins mag hy vir die res van sy lewe altyd emosionele probleme met kos probeer reg stel. In tussen kan jy die artikels oor Kleuters en hulle dieet lees op hierdie Webwerf. Kliek op 'Child; bo aan hierdie bladsy en dan op 'Nutrition' en lees oor 'Toddlers from 1-3 years'.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.