Ask an expert
Question

26 Mar 2003

3 Maande Inspuiting
Hello, my verloofde gebruik die 3 maande voorbehoed middel inspuiting vir meer as 'n jaar nou. Aan die einde vandie vorige siklus was daar nie meer 3-maande voorraad nie, en het sy die 2-Maande inspuiting geneem. Nou die vraagies.
1) Ons ondervind sy is meer humerig, soos toe sy die Pil gebruik het. Kan dit werklik 'n effek hê?
2) Sal daar enige newe-efekte/Nagevolge hê as ons weer terug gaan na die 3-Maande Siklus?
3) Is daar nagevolge van langdurige gebruik van die Inspuiting/voorbehoed middle?
4) Ek gebruik ook nog 'n kondoom om seker te maak daar is nie enige verrassings nie. Nie een van ons twee hou baie van die kondoom nie, maar gebruik dit in alle geval.
--> a) Hoe veilig is ons sonder die kondoom vir swangerskap?
5) Kan die voorbehoed middel eendag ons kanse vir 'n gesin beinvloed (Moeilik swanger raak) ?
6) Sal BioBust enige newe effekte hê op die inspuiting/voorbehoed middel? (Aangesien dit tog
'n hormoon aanpassing ook is)

Baie dankie. Ek weet dit is baie vrae, maar beantwoord asb. soveel moontlik, en soveel detail moontlik.
Groete

Answer 53,710 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

NG, ek sal die vrae antwoord soos jy dit geantwoord het.
1. Dit is moontlik dat die verandering in hormoon ‘n effek het op haar bui.
2. Julle is welkom om weer terug te gaan op die 3 maande inspuiting – daar behoort geen probleme te wees nie.
3. Daar is teoretiese nagevolge, maar hulle is almal baie minder ernstig as swangerskap. Solank sy nie rook nie behoort sy reg te wees.
4. Daar is geen rede waarom jy ‘n kondoom nodig het vir kontrasepsie. Die inspuiting op sy eie is net so veilig en julle hoef regtig nie bekommerd te wees nie.
5. Daar is geen bewys dat voorbehoedmiddels ‘n negatiewe invloed het op paartjies se toekomstige fertiliteit nie. Julle moet net onthou dat dit meer as ‘n jaar mag neem voordat julle swanger word.
6. Bio-Bust sal geen effek hê op die inspuiting nie.
Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17914 votes
Vote