Ask an expert
Question

12 Mar 2004

Anorexia??
Ek is 1.67 en het nie baie lank terug omtrent 65/66 geweeg. My gewig het drasties geval na 53.5 toe agv stress en maagswere wat ek gehad het en in die hospitaal was. As ek eet deesdae is ek ongelooflik naar as ek klaar geeët het. Dit voel asof als net wil uitkom. My porsies is wel minder en maak nie saak wat ek eet nie, ek tel nie gewig op nie. Ek eet ook baie gesond (vis en hoender meestal, en drink graag soya melk). Nou wonder ek of die naarheid nie begin lei tot Anorexia nie. Ek druk glad nie my vinger in my keel nie. Wat gaan aan met my??
Answer 593 views
Expert
DietDoc
DietDoc

01 Jan 0001

Beste Tori
Jou huidige BMI van 19,4, is baie laag en dit sal wenslik wees as jy weer sal kan toeneem na 65kg. As jy gedurig naar is , dan moet jy asb terugkeer na die dokter aangesien jou maagswere miskien steeds 'n probleem is en jy weer terapie daarvoor moet ontvang. Ek vertrou ook dat jy onder die behandeling van 'n kliniese sielkundige is? Indien nie, dan raadpleeg asb 'n sielkundige want jy moet hulp kry om jou stres te leer beheer alvorens dit jou hele lewe nadelig beïnvloed. Bel ook vir Magda (011) 203-2000, of 083-603-2231 by Fresenius en vra haar oor die Fresubin (met, of sonder vesel) voedselaanvulling wat kan help om jou gewig te normaliseer.
Sterkte
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9269 votes
No
66% - 17897 votes
Vote