Ask an expert
Question

30 Mar 2003

Artritis
Ek het nou op 38 jarige ouderdom skielik besef dat ek besig is om dieselfde pad te loop as my ma wat betref artritis. Sy het lelike en stywe knoppe in die voorste lid van al haar vingers (kan nie 'n vuis maak nie) Sy het al baie gesê dit was nooit pynlik nie. My twee wysvingers is gedurig gevoelig en seer en begin nou ook knopperig raak en is baie dae styf. Ek is heeldag bewus van dit en dit is ongemaklik. Ek het al Vyoxx gedrink wat help vir die ongemak, maar ek is bang om anti-inflammatoriese middels gereeld te neem. Hoe kan ek hierdie proses vertraag of stop? As dit geneties is, wat is my kanse om dit nie in so 'n erge graad te kry nie?
Answer 832 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Benoud, die beste is om eers uit te vind wat die oorsaak is van die artritis. Daar is verskeie oorsake en sommige kan suksesvol behandel word. Die beste sal wees om ‘n rumatoloog te gaan sien vir ‘n volledige uitwerk van jou probleem. As jy eers ‘n definitiewe diagnose het kan mens ‘n spesifieke behandelings/voorkomings plan vir jou uitwerk. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
34% - 9250 votes
No
66% - 17781 votes
Vote